
Sal die Hemel (die Nuwe Aarde) ʼn Werklike Plek Wees? (Will Heaven (the New Earth) Be an Actual Place?)
article
Jesus het aan sy disippels gesê, “kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is” (Johannes 14:3). Hy maak gebruik van ruimtelike terme om die Hemel te beskryf. Die woord “waar” verwys na ʼn plek. Net so word beweging en fisiese bestemming aangedui met die frase “kom Ek weer en sal julle na My toe neem”.